Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies…
Die oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie. Tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch-aflewering het die polisie ’n oorlaaide bakkie afgetrek, terwyl ’n ander motoris op die vlug geslaan het. Francois Lottering doen verslag.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.