Regering tref 'noodreëling' met Vitol om brandstof te verskaf

Loading player...
Die regering het 'n ooreenkoms met Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, aangegaan om die alleenverskaffer van brandstof in die land van 1 Julie tot die einde van September vanjaar te wees, het energieminister Modestus Amutse Saterdag bevestig. Volgens Amutse is Vitol die enigste maatskappy wat bereid is om brandstof teen die basiese brandstofprys, sonder enige premies, te verskaf. Die ooreenkoms met Vitol is in nasionale belang om die verbruiker teen groot brandstofprysstygings te beskerm en daar is niks onderduims aan die transaksie betrokke nie, het Amutse gesê. Hy het daarop gewys dat die Nasionale Energiefonds, wat verbruikers tot dusver deur subsidies gebuffer het, bykans uitgeput is. Namibië het genoeg brandstof – die probleem is die prys daarvan, het Amutse gesê:
31 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Never Walk Alone 'n nasionale oproep tot deernis, sê Witbooi

Adjunkpresident Lucia Witbooi sê die Never Walk Alone-inisiatief is ’n nasionale oproep tot deernis, eenheid en gedeelde verantwoordelikheid om te verseker dat geen Namibiese kind van waardigheid, selfvertroue of toegang tot onderwys ontneem word omdat hulle nie ’n paar skoene het nie. Witbooi het Saterdag tydens die jaarlikse Never Walk…
31 May 4AM 1 min

Grondeisers by Krugerwildtuin baat by nuwe inisiatief

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, het 'n ooreenkoms vir 'n bevoordelingskema met grondeisers onderteken wat aan die Krugerwildtuin gekoppel is, en saamval met die eeuvieringe van die wildtuin. Die inisiatief van sewe grondeisers is gemik op die skepping van werksgeleenthede, sakegeleenthede, vaardigheidsontwikkeling en belegging vir…
31 May 3AM 1 min

Tydelike invoerreëls vir buitelandse voertuie môre in SA van krag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se hoof van Doeane- en Aksyns, Beyers Theron, het herhaal dat alle buitelandse geregistreerde voertuie wat Suid-Afrika binnekom, vanaf môre verklaar moet word vir tydelike invoer. Beyers sê buitelandse voertuigeienaars moet voertuie deur die Reisigersbestuurstelsel verklaar, voor hulle die land binnekom of verlaat. Hy het in gesprek…
31 May 2AM 1 min

Jeugontwikkelingfonds trap klei met landbou

Die implementering van die Jeugontwikkelingfonds vorder goed, volgens die finansministerie. Die toekennings sukkel wel in die landbousektor, en die lynministerie se woordvoerder, Jonathan Swartz, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
31 May 12AM 1 min

Swak internet kniehalter toerisme op platteland

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het alarm gemaak dat agteruitgaande internet- en telekommunikasiedienste in landelike gebiede die land se toerismesektor bedreig. Onbetroubare konnektiwiteit verhoed toerismebesighede om aanlyn besprekings te verwerk en laat reisigers in afgeleë gebiede gevaarlik geïsoleerd. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die uitvoerende hoof van die…
30 May 6AM 1 min