Never Walk Alone 'n nasionale oproep tot deernis, sê Witbooi

Loading player...
Adjunkpresident Lucia Witbooi sê die Never Walk Alone-inisiatief is ’n nasionale oproep tot deernis, eenheid en gedeelde verantwoordelikheid om te verseker dat geen Namibiese kind van waardigheid, selfvertroue of toegang tot onderwys ontneem word omdat hulle nie ’n paar skoene het nie. Witbooi het Saterdag tydens die jaarlikse Never Walk Alone-galafondsinsamelingsdinee in Windhoek gesê die inisiatief het ten doel om hulpbronne te mobiliseer en vennootskappe te versterk om kwesbare kinders regoor die land te ondersteun. Sy het individue, ondernemings en organisasies aangemoedig om saam te werk om die lewens van minderbevoorregte kinders te verbeter en gelyke geleenthede vir alle leerders te help skep.
31 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Té duur om Madlanga-kommissie te verleng

Die Presidensie sê daar is geen planne om die Madlanga-kommissie te verleng ná sy huidige sperdatum nie, weens die koste wat daaraan verbonde is. Woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan Newzroom Afrika gesê president Cyril Ramaphosa is tevrede met die kommissie se vordering en die stappe wat gedoen…
31 May 5AM 1 min

Grondeisers by Krugerwildtuin baat by nuwe inisiatief

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, het 'n ooreenkoms vir 'n bevoordelingskema met grondeisers onderteken wat aan die Krugerwildtuin gekoppel is, en saamval met die eeuvieringe van die wildtuin. Die inisiatief van sewe grondeisers is gemik op die skepping van werksgeleenthede, sakegeleenthede, vaardigheidsontwikkeling en belegging vir…
31 May 3AM 1 min

Tydelike invoerreëls vir buitelandse voertuie môre in SA van krag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se hoof van Doeane- en Aksyns, Beyers Theron, het herhaal dat alle buitelandse geregistreerde voertuie wat Suid-Afrika binnekom, vanaf môre verklaar moet word vir tydelike invoer. Beyers sê buitelandse voertuigeienaars moet voertuie deur die Reisigersbestuurstelsel verklaar, voor hulle die land binnekom of verlaat. Hy het in gesprek…
31 May 2AM 1 min

Regering tref 'noodreëling' met Vitol om brandstof te verskaf

Die regering het 'n ooreenkoms met Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, aangegaan om die alleenverskaffer van brandstof in die land van 1 Julie tot die einde van September vanjaar te wees, het energieminister Modestus Amutse Saterdag bevestig. Volgens Amutse is Vitol die enigste maatskappy wat bereid is om…
31 May 1AM 1 min

Jeugontwikkelingfonds trap klei met landbou

Die implementering van die Jeugontwikkelingfonds vorder goed, volgens die finansministerie. Die toekennings sukkel wel in die landbousektor, en die lynministerie se woordvoerder, Jonathan Swartz, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
31 May 12AM 1 min