
Té duur om Madlanga-kommissie te verleng
Loading player...
Die Presidensie sê daar is geen planne om die Madlanga-kommissie te verleng ná sy huidige sperdatum nie, weens die koste wat daaraan verbonde is. Woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan Newzroom Afrika gesê president Cyril Ramaphosa is tevrede met die kommissie se vordering en die stappe wat gedoen word teen individue wat betrek is. Die kommissie het Vrydag sy tweede tussentydse verslag ingedien, met die finale verslag wat einde Augustus verwag word. Die kommissie hervat môre:

