
Kohli help RCB om hulle tweede agtereenvolgende IPL titel te verower
Loading player...
Die Royal Challengers Bengaluru het die Gujarat Titans met vyf paaltjies in Ahmedabad geklop om slegs die derde span ooit te word wat hulle Indiese Premierliga-titel suksesvol kon verdedig. Ondanks Washington Sundar se onoorwonne 50 is Gujarat tot 155 vir agt beperk. Virat Kohli het in antwoord hierop 'n onoorwonne 75 van 42 balle gemoker en 'n kritieke vennootskap van 62 met Venkatesh Iyer gedeel en RCB kon toe die teiken haal met 12 balle oor. Kohli sê hulle was die beste span in die kompetisie:

