
Headspring hoef nie met Botswana, SA te praat nie
Loading player...
Headspring Investments loop deur onder kritiek dat die voorgestelde in situ-loging die Stampriet-waterdraer sal besoedel. Dit bevat twee hoofwaterdraers, die Auob en die Nossob. Laasgenoemde oorskry die grens na Botswana en Suid-Afrika. Headspring sê hulle hoef nie in konsultasie te tree met Botswana of Suid-Afrika nie, want hul metode sal nie die Nossob bereik nie. Die Kalahari-waterdraer, waar boere in die omgewing boor, sal ook nie beïnvloed word nie. Felix Naanda, stralingsveiligheidsingenieur by Headspring, verduidelik.

