
AU se gesondheidsentrum vasbeslote vir Ebola-entstof
Loading player...
Die direkteur-generaal van die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming, Jean Kaseya, sê beleggings in pandemievoorbereiding moet permanent oor die hele vasteland word. Dit volg terwyl die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda 'n Ebola-uitbreking beveg, met 263 aangemelde gevalle en 43 bevestigde sterftes tot dusver. Kaseya sê epidemies verswak voorsieningskettings, handel, beleggings en streekbestendigheid. Hy sê hulle is daartoe verbind om teen die einde van die jaar 'n entstof teen die nuwe Ebola-stam, Bundibugyo, te hê:

