
BIG bly bobaas vir voedselsekerheid
Loading player...
Die Afrika-unie het vroeër vanjaar 'n tienjaarstrategie en aksieplan aangeneem om Afrika se landbouvoedselstelsels te transformeer en voedselsekerheid te verseker. Die strategie wil die vasteland se voedselproduksie met 45 persent teen 2035 verhoog en sy voedselstelsels transformeer, om binne 'n dekade voedselseker te word. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Rinaani Musutua van die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie, BIG, gekry oor die kwessie. Musutua glo vas samewerking met ander Afrika-lande en 'n basiese inkomstetoelaag is die antwoord tot voedselsekerheid.

