Die probleem is nie sosiale media nie, dis die kenmerke

Loading player...
Die Kinderkommissaris vir Engeland Rachel de Souza sê die Britse regering moet na ander opsies kyk eerder as om net ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16 te plaas. Die regering oorweeg tans die stap. De Souza sê aan Sky News, dat die kenmerke wat toelaat dat skadelike materiaal, en volwassenes toegang tot kinders kry moet aangespreek word. Sy verduidelik.
1 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GIPF herwin N$18,6 miljoen van korrupte oud-werkers

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê dat hy suksesvol 18,6 miljoen Namibiese dollar van twee voormalige werknemers wat van bedrog beskuldig is, verhaal het. Dit kom nadat die hof Martin Smith en Vabiola Aoses gelas het om die geld terug te betaal met rente van 20 persent per jaar, tesame met regskoste…
1 Jun 8AM 1 min

Phala Phala ampsklagkomitee 'moet die waarheid nastreef'

DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die parlement se ampsklagkomitee moet die waarheid sonder aansien des persoons nastreef. In 'n onderhoud met SABC Nuus het Hill-Lewis gesê die proses gaan oor die beskerming van die waardes van aanspreeklikheid, etiek en eerlikheid in die regering eerder as enige individu of administrasie. Hy het…
1 Jun 8AM 1 min

Konferensie van Linkses beywer hom vir armes, werkers

Konferensie van Linkse Organisasies het 'n geskiedkundige verklaring aangeneem wat deelnemende instellings verbind om die georganiseerde mag van die werkersklas en die armes te herbou. Die konferensie het politieke partye, vakbonde, studente-organisasies, geloofs- en godsdienstige instellings en tradisionele leierskapstrukture byeengebring. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê die…
1 Jun 6AM 1 min

Powell veroordeel politieke inmenging

Die voormalige voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad Jerome Powell het demokratiese instellings verdedig tydens 'n toespraak by die John F. Kennedy Presidensiële Biblioteek en Museum in Boston. Hy het 'n toekenning ontvang het ter ere van sy pogings om die sentrale bank se onafhanklikheid te bewaar. Hy sê politiek…
1 Jun 6AM 1 min

NSFAF moet administrasie geplaas word

NSFAF se drama het steeds geen einde nie. Die staatsinstelling het in April afgekondig hulle sal met uitbetalings van nie-klasgelde vir vanjaar begin. Weens die fakturering- en verifikasieprosesse met tersiêre instellings sal almal nie hul fondse gelyktydig kry nie. Studente kla steeds en van hulle sê hulle het nie genoeg…
1 Jun 6AM 1 min