Vitol Energy kontrak handel oor meer as net Vitol - kenner

Loading player...
Die regering word gekritiseer oor die toekenning van Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, se status as eksklusiewe brandstofvoorsiener van Julie tot September, met vrae oor die wettigheid van die skuif. Kritici sê die Regulasies vir die Koördinering van die Invoer van Grootmaat Petroleum wat die besluit ondersteun, is nog nie van krag nie. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die kwessie verder gaan as Vitol se markoorheersing of internasionale reputasie, en eerder fokus op bestuur, deursigtigheid en openbare vertroue.
1 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA motoriste gevra om voertuie vir feestyd gereed te kry

Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies…
28 Oct 4AM 1 min

Oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie

Die oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie. Tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch-aflewering het die polisie ’n oorlaaide bakkie afgetrek, terwyl ’n ander motoris op die vlug geslaan het. Francois Lottering doen verslag.
28 Oct 4AM 1 min

SALGA spoor kiesers aan om verantwoordbare plaaslike leiers te kies

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
28 Oct 3AM 1 min

Agra behaal rekordresultate met inkomste van N$3,14 miljard

Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
28 Oct 3AM 1 min

SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
28 Oct 2AM 1 min