
Vitol Energy kontrak handel oor meer as net Vitol - kenner
Loading player...
Die regering word gekritiseer oor die toekenning van Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, se status as eksklusiewe brandstofvoorsiener van Julie tot September, met vrae oor die wettigheid van die skuif. Kritici sê die Regulasies vir die Koördinering van die Invoer van Grootmaat Petroleum wat die besluit ondersteun, is nog nie van krag nie. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die kwessie verder gaan as Vitol se markoorheersing of internasionale reputasie, en eerder fokus op bestuur, deursigtigheid en openbare vertroue.

