Elke week het ons ‘n oordenking wat elke week tematies “God en Finansies” dek. Dit is aangebied deur Wynand du Preez en vandag gesels hy oor die tema: “Eer die armes” uit Spreuke 14:31
HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalaharistories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is “4 Woorde van Hoop” uit 1 Kor 15:55
Johann Els gesels met Paul Loots. Hy is ‘n gewone mens wat veilig in die Ooste van Pretoria in finansies werk. Die Here het hom egter daar gaan haal en hy het betrokke geraak by ‘n bediening in Danville (Heal the Land Westerngate) waar hy o.a. die klank weekliks doen…
Ons skop die program af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat hulle oor die tema: “Onderskei tussen werkdruk, verwaarlosing en uitbranding.”
Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Handelinge 19 oor die oproer in Efese.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.