Nuwe egskeidingswet van vandag af in werking

Loading player...
Die Wet op die Ontbinding van Huwelike 2024 is vandag van krag en meer inligting is bekend. Regter-president Petrus Damaseb sê dat die nuwe wet “onherstelbare verbrokkeling” as die enigste wettige gronde vir egskeiding bevestig, wat die noodsaaklikheid om blaamwaardigheid, egbreuk of verlating te bewys, uitskakel. Kosmos 94.1 Nuus het met Viktoria Hango, die regbank se woordvoerder gepraat oor waar die ou wetgewing ontbreek het.
3 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis geregtigheid ná koukusleier in Vrystaat doodgeskiet word

Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, Maandagaand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs 'n week voor die plaaslike regerings-verkiesing. Mbana was ook 'n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale…
27 Oct 11PM 1 min

Nuwe pad tussen Lüderitz en Walvisbaai kan ekonomie ontsluit

Logistieke-kenner John Saunderson sê die verbinding tussen Lüderitz en Walvisbaai deur 'n voorgestelde nuwe teerpad gaan nie net oor die verbetering van vervoer nie, maar ook oor die ontsluiting van die suidelike streke se ekonomiese potensiaal. Met vragvolumes wat toeneem en Lüderitz wat homself vir die olie- en gasbedryf posisioneer,…
27 Oct 11PM 1 min

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min