Rook in swangerskap verbind met tiener-hoë bloeddruk, hartprobleme

Loading player...
Navorsing deur die Universiteit van die Wes-Kaap het bevind kinders wat in die baarmoeder aan sigaretrook blootgestel word, loop ʼn groter gevaar om tydens hul tienerjare hoë bloeddruk te ontwikkel. Die studie het 307 kinders van tussen 10- en 14-jaar van Bishop Lavis, Kaapstad, betrek. Daar is gekyk hoe rook en alkoholgebruik tydens swangerskap kinders se gesondheid later jare beïnvloed. Navorser Tammy Ras sê liggaamsgewig speel ook ʼn groot rol:
4 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis geregtigheid ná koukusleier in Vrystaat doodgeskiet word

Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, Maandagaand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs 'n week voor die plaaslike regerings-verkiesing. Mbana was ook 'n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale…
27 Oct 11PM 1 min

Nuwe pad tussen Lüderitz en Walvisbaai kan ekonomie ontsluit

Logistieke-kenner John Saunderson sê die verbinding tussen Lüderitz en Walvisbaai deur 'n voorgestelde nuwe teerpad gaan nie net oor die verbetering van vervoer nie, maar ook oor die ontsluiting van die suidelike streke se ekonomiese potensiaal. Met vragvolumes wat toeneem en Lüderitz wat homself vir die olie- en gasbedryf posisioneer,…
27 Oct 11PM 1 min

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min