Alle polisieverlof in KZN gekanselleer vir Dinsdag se betogings

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om hul morele gesag te gebruik om onverdraagsaamheid en onstabiliteit te ontmoedig voor Dinsdag se beplande betogings teen migrante. Alle verlof vir polisielede in KwaZulu-Natal is ook gekanselleer en alle lede sal ontplooi word, het owerhede bevestig. Intussen het die DA-leier Geordin Hill-Lewis ook enige moontlike geweld veroordeel:
28 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se kleinhandelsektor presteer goed ten spyte van druk

Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het met 2,3-persent in Mei gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, wat voortgesette groei in verbruikersbesteding toon. Die grootste toenames het van ander kleinhandelaars, klerasie- en skoeiselwinkels en algemene handelaars gekom. Raquel Floris van Statistiek SA sê oor die drie maande tot Mei was…
24 Jul 2AM 1 min

Mbuende beklemtoon belegging in jeug

Die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê Namibië se toekoms hang af van doeltreffende belegging in jongmense. Kaire het tydens die vrystelling van die nuwe VN Bevolkingsfonds se Democratic Futures-opname gesê dat die jeug ambisieus bly ten spyte van werkloosheid, ongelykheid, beperkte geleenthede en ongelyke toegang tot…
24 Jul 2AM 1 min

Kongres misluk in poging om Trump se oorlogsmagte te beperk

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Oorlogsmagte-resolusie aanvaar wat president Donald Trump beveel om die weermag aan die konflik met Iran te onttrek. Vier Republikeine het saam met die Demokrate ten gunste van die maatreël gestem, wat die stemme op 214 teenoor 208 gebring het. Die Senaat het ook…
24 Jul 1AM 1 min

Cosatu verwelkom onveranderde repokoers

Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê 'n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien…
24 Jul 1AM 1 min

Boogskutters palm medaljes in

Die Namibiese Nasionale Boogskietspan is in Algerië by die Afrika-kampioenskappe waar 17 lande en ongeveer 140 skuts meeding. Dit is 'n wêreldranglys kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Die Boogskiet Vereniging se Jannie Meuwesen het meer oor die uiters goeie uitslae.
24 Jul 1AM 1 min