
Verbod op lugvrag vanaf Windhoek knou Namibië se uitvoere na Europa
Loading player...
Namibië se vraguitvoere na Europa word steeds geraak deur SWISS WorldCargo se algehele verbod op uitvoervrag vanaf Windhoek. Bederfbare goedere, insluitend seekos en landbouprodukte, kan tans nie via hierdie diens na Europa vervoer word nie, en daar word verwag dat die beperkings tot volgende jaar van krag sal bly. Fritz Kaufmann, bestuurder vir besigheidsontwikkeling by Transworld Cargo, sê dat die onmiddellike impak versag het danksy Edelweiss Air se dienste, maar dat dit nou opgehou het.

