Air Namibia-werkers wend hulle aan Hooggeregshof

Loading player...
Voormalige Air Namibia-werkers het in Februarie 'n versoek aan die Hooggeregshof gerig vir 'n bespoedigde verhoor in 'n geskil oor onbetaalde skeidingsvoordele wat reeds byna vyf jaar uitstaande is ná die lugredery se likwidasie. Die saak sal vroeg in Julie voorkom. Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kongres misluk in poging om Trump se oorlogsmagte te beperk

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Oorlogsmagte-resolusie aanvaar wat president Donald Trump beveel om die weermag aan die konflik met Iran te onttrek. Vier Republikeine het saam met die Demokrate ten gunste van die maatreël gestem, wat die stemme op 214 teenoor 208 gebring het. Die Senaat het ook…
24 Jul 1AM 1 min

Cosatu verwelkom onveranderde repokoers

Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê 'n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien…
24 Jul 1AM 1 min

Boogskutters palm medaljes in

Die Namibiese Nasionale Boogskietspan is in Algerië by die Afrika-kampioenskappe waar 17 lande en ongeveer 140 skuts meeding. Dit is 'n wêreldranglys kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Die Boogskiet Vereniging se Jannie Meuwesen het meer oor die uiters goeie uitslae.
24 Jul 1AM 1 min

Na 5 lang maande is Sparky gereed vir vryheid

Die Pangolin Conservation and Research-stigting gaan voort met sy pogings om beseerde ietermagô’s te rehabiliteer. Hierdie keer is die fokus op Sparky, wat in Maart deur die stigting gered is nadat hy geskok op 'n elektriese heining gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter, Kelsey Prediger gesels, wat…
24 Jul 1AM 1 min