Hardnekkige probleme bly pootjie hervestigingsboere

Loading player...
Die bekendstelling van Namibië se Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid word beskou as 'n belangrike mylpaal in die land se grondhervormingsprogram. Maar terwyl die regering sê die beleid sal historiese ongelykhede aanspreek en volhoubare landbou bevorder, voer kritici aan dat die werklike uitdaging begin nadat begunstigdes hervestig is. Landboukenner Wallie Roux spreek kommer uit oor die gebrek aan landbou-opleiding, finansiële ondersteuning en langtermynbystand wat nodig is om die sukses van hervestigingsplase te verseker.
29 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voorlopige bevindinge bekend oor noodlottige girokopterongeluk naby Outjo

Ondersoekers het voorlopige bevindinge bekend gemaak oor die noodlottige girokopterongeluk waarin die bewaringskundige Jaco Muller in September naby Outjo gesterf het. Muller was op ’n waarnemingsvlug om veldbrande op te spoor toe die girokopter volgens die verslag teen ’n boom gebots het, neergestort en aan die brand geslaan het. Die…
26 Oct 6AM 1 min

Plaaslike windkrag kan verbruikers teen wisselende energiepryse beskerm

Namibië se uitbreiding van plaaslike windkrag kan help om die land se blootstelling aan wisselende energiepryse te verminder, terwyl die druk op verbruikerskoste op lang termyn bestuur word. NamPower se besturende direkteur, Kahenge Haulofu, het dit gesê met die ingebruikneming van die N$1,5 miljard Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat met elf…
26 Oct 6AM 1 min

Epupa-gemeenskap waarsku oor impak van voorgestelde Baynes-dam

’n Afvaardiging van die Epupa-kiesafdeling het ’n petisie aan die minister van nywerhede, mynbou en energie, Modestus Amutse, oorhandig oor die voorgestelde Baynes-hidrokragdam. Hulle waarsku dat die projek die lewensbestaan, kulturele erfenis en tradisionele leefwyse van die OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe langs die Kunenerivier kan bedreig. Hans-Christian Mahnke, Namibië-konsultant vir die…
26 Oct 6AM 1 min

N$200-miljoen se kokaïen by OR Tambo Lughawe onderskep

ʼn Multidissiplinêre span wetstoepassers het by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 250 kilogram kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as 200-miljoen Namibiese dollar. Die dwelms het op ʼn vlug van Sao Paolo, Brasilië, in die land aangekom, met die 216 blokke in vyf tasse verpak. Die…
26 Oct 6AM 1 min

Verbod op lugvrag vanaf Windhoek knou Namibië se uitvoere na Europa

Namibië se vraguitvoere na Europa word steeds geraak deur SWISS WorldCargo se algehele verbod op uitvoervrag vanaf Windhoek. Bederfbare goedere, insluitend seekos en landbouprodukte, kan tans nie via hierdie diens na Europa vervoer word nie, en daar word verwag dat die beperkings tot volgende jaar van krag sal bly. Fritz…
26 Oct 5AM 1 min