GELOOF & BESIGHEID | Waar die Koninkryk Werk

Loading player...
Kan geloof en besigheid werklik saamwerk?

Hierdie week gesels ek met Lukas Swart en sy gas Monami du Preez oor geloof in die werksplek, Christelike integriteit, rentmeesterskap en waarom ons nie ons geloof op ’n Sondag by die kerk kan los wanneer Maandag aanbreek nie.

Monami werk weekliks met die dames in Lukas se onderneming en help hulle om nie net professioneel nie, maar ook persoonlik, geestelik en karaktergewys te groei.

Ons praat oor ’n belangrike waarheid:

God stel nie net belang in wat ons doen nie — maar ook waarom en hóé ons dit doen.

Besigheid gaan oor meer as wins. Dit gaan oor waarde skep, mense dien, werk skep, verantwoordelikheid neem en dit wat God in ons hande plaas goed te bestuur.
27 Aug Afrikaans South Africa Business · Business

Other recent episodes

Klein Besigheid onder Druk _ Cash is King, Groei & Koninkryksbeginsels

n hierdie tweede episode gesels ek en Lukas Swart oor die werklikheid van klein besigheid: kontantvloei, winsgewendheid, debiteure, groeipyne en waarom méér skuld nie altyd die antwoord is nie. Ons kyk ook na besigheid vanuit ’n Koninkryksperspektief — waar eerlikheid, integriteit, uitnemendheid, goeie rentmeesterskap en Goddelike leierskap die fondament vorm…
23 Aug 42 min

Nie Winsgewende Maatskappy | Lukas Swart

Welkom by die heel eerste episode van Raak Jou Finansies Baas, die podcast waar ons jou help om finansiële en administratiewe sake eenvoudig en prakties te verstaan. In hierdie episode gesels Lukas Swart, stigter van De Goede Finance Universe in Mosselbaai en 'n ervare rekenmeester, oor een van die vrae…
23 Aug 33 min