
Gauteng vat gekaapte huise terug
Loading player...
Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en Danville. Woordvoerder Tahir Sema sê die DA ignoreer die optrede wat reeds plaasvind om projekte te hanteer wat deur sindikate gekaap is:

