Gauteng-polisie sê moordverdagte dood in voertuig gevind

Loading player...
Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde eggenoot. Die ondersoek het hom met haar moord verbind, waarna 'n opsporingspan na hom begin soek het:
29 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelensky reg om dadelik vir vrede te onderhandel

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil…
21 Oct 9AM 1 min

Dis reg dat amptenare moet opdok vir hofsake: kenner

Bestuurskenner Pius Dunaiski verwelkom die Staatsdienskommissie se besluit om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir finansiële verliese weens hofsake wat deur nalatigheid veroorsaak word, ingevolge Artikel 11 van die Wet op Staatsfinansies. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Dunaiski dat hierdie stap lank reeds verwag is. Hy sê dat…
21 Oct 9AM 1 min

Intense hittegolf in Noorde tref Khomas Vrydag: Weerdiens

Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n dringende weerwaarskuwing oor versengende hitte oor die noordelike dele van die land uitgereik. Die diens sê 'n intense hittegolf is aktief en sal tot Sondag voortduur, met dagtemperature wat na verwagting tot 42 grade Celsius sal styg. Die hitte sal teen Vrydag die Khomas-streek…
21 Oct 9AM 1 min

Nigerië teken eerste Ebola-geval in hoofstad aan

Nigerië het sy eerste Ebola-geval aangemeld in ʼn vrou wat van Uganda na Abuja gereis het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo beleef sy dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis weens die skaars Bundibugyo-stam. Minstens 4 600 mense is dood en meer as 9 500 gevalle aangeteken. Kenia het vroeër die…
21 Oct 8AM 1 min

Namibië bied faktore wat toeriste aantrek

Die toerismesektor het die nasionale kamerbesettingsyfer van voor die pandemie in die derde kwartaal vanjaar oortref. Kamerbesettings van 66,5 persent en bedbesettings van 58,9 persent was hoër as beide die 2025- en 2019-vlakke. Volgens Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het sterk reisvraag uit Sentraal-Europese bronmarkte die…
21 Oct 8AM 1 min