984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid

Loading player...
Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent sedert 2022 en 'n styging van 11 persent vergeleke met verlede jaar se 4 804 gegradueerdes.
8 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk

Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP…
20 Oct 11PM 1 min

NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak

NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg,…
20 Oct 11PM 1 min

Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl

Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van…
20 Oct 11AM 1 min

TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum

Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne…
20 Oct 11AM 1 min