
ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk
Loading player...
Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP vra Godongwana om die bykomende belastinginkomste vir brandstofverligting aan te wend aangesien stygende lewenskoste steeds druk plaas op Suid-Afrikaners:

