High Octane Festival en Drifting Mania lok motorsportliefhebbers na Tony Rust

Loading player...
13:30 – Sport
Vrydag en Saterdag was dit weer tyd vir die jaarlikse Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Hoewel daar dalk minder toeskouers en deelnemers as in 2025 was, het almal wat deur die hekke gekom het, dit geniet. Weens die hoë dagtemperature het die sleep-resies of drifting eers later begin. Toeskouers het egter geduldig onder gazebo’s en in elke beskikbare skaduplekkie gewag om die aksie te geniet.
26 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

N$200-miljoen se kokaïen by OR Tambo Lughawe onderskep

ʼn Multidissiplinêre span wetstoepassers het by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 250 kilogram kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as 200-miljoen Namibiese dollar. Die dwelms het op ʼn vlug van Sao Paolo, Brasilië, in die land aangekom, met die 216 blokke in vyf tasse verpak. Die…
26 Oct 6AM 1 min

Verbod op lugvrag vanaf Windhoek knou Namibië se uitvoere na Europa

Namibië se vraguitvoere na Europa word steeds geraak deur SWISS WorldCargo se algehele verbod op uitvoervrag vanaf Windhoek. Bederfbare goedere, insluitend seekos en landbouprodukte, kan tans nie via hierdie diens na Europa vervoer word nie, en daar word verwag dat die beperkings tot volgende jaar van krag sal bly. Fritz…
26 Oct 5AM 1 min

OM Namibië beklemtoon verantwoordelike gebruik van persoonlike lenings

Old Mutual Namibië moedig burgers aan om persoonlike lenings verantwoordelik en doelgerig te gebruik om hul sake- en persoonlike doelwitte te verwesenlik. Die verkope- en verspreidingsbestuurder, Ingrith Tjivela, sê verantwoordelike lenings, wanneer dit aan duidelike doelwitte soos inkomste-generering en finansiële stabiliteit gekoppel word, kan help om die gaping tussen ambisie…
26 Oct 5AM 1 min

Ramaphosa wens Lula geluk met verkiesingsoorwinning

Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Brasiliaanse president, Luiz Inácio Lula da Silva, gelukgewens met sy herverkiesing vir 'n historiese vierde termyn. Ramaphosa sê die herverkiesing vind plaas terwyl Suid-Afrika en Brasilië voortgaan om hul strategiese bande te versterk deur middel van samewerking en gedeelde leierskap in internasionale forums…
26 Oct 5AM 1 min

Diaz-windkragstasie versterk Namibië se energiesekerheid

Namibië se afhanklikheid van ingevoerde elektrisiteit kan verminder namate die land sy plaaslike hernubare energiebronne uitbrei. Die Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat onlangs ingewy is, bestaan uit elf windturbines met ’n gesamentlike opwekkingsvermoë van 44 megawatt en het N$1,5 miljard gekos. Die Elektrisiteitsbeheerraad se adjunkvoorsitter, Tjama Tjivikua, sê die projek is…
26 Oct 5AM 1 min