
Erin Patience van I AM Youth oor die Pennesakkieprojek
Loading player...
As deel van Radiokansel se 45ste bestaansjaarvieringe het ons ’n Pennesakkie Gevul met Hoop van stapel gestuur om in die volgende generasie te belê. Danksy die ruimhartigheid en ondersteuning van ons luisteraars, skenkers, borge en vennote kon meer as 2 000 Graad 12-leerders pennesakkies met noodsaaklike eksamenskryfbehoeftes en boodskappe van hoop ontvang. Erin Patience van I AM Youth was deel van die span wat Pennesakkies gaan uitdeel het.





