US Woordfees 2017: Diskoers

2017: Diskoers

Warm debatte oor aktuele sake vanaf Woordfees 2017.
Occasionally English South Africa Society & Culture · News
16 Episodes

NIE-RASSIGHEID: ‘N LEWENDE KADAWER?

Met: Max du Preez, Bill Nasson en Albert Grundlingh (gespreksleier) Max du Preez en Bill Nasson, een van Suid-Afrika se voorste geskiedkundiges, soek antwoorde op die vrae: Wat het geword van die wekroep in die stormag- tige 1980’s vir ’n nie-rassige Suid-Afrika? Bestaan dit hoegenaamd nog?
11 Mar 2017 55 min

KOM PRAAT SAAM EN WORD WYS

In samewerking met Vriende van Afrikaans Kom vertel die vorige geslag waar jy Afrikaans graag oor 20 jaar sou wou sien. As jy ’n student is, of onlangs nog een was, weet jy al te goed hoe daar
al oor dié onderwerp vuisgeslaan is. Kom sê jou sê. Saartjie Botha, direkteur…
11 Mar 2017 1 hr 06 min

IS STELLENBOSSERS DWARSTREKKERS?

In samewerking met Stellenbosch 360 Is Stellenbossers dwarstrekkers? Of kan hulle saamwerk tot voordeel van almal? Jannie Durand (Remgro), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Ilhaam Groenwald (US Sport), Dale Simons (kleinsakeman
van Jamestown), Gesie van Deventer (burgemeester) en Leopoldt van Huyssteen (US-bestuur) pak dié tameletjie. Andreas van Wyk is die skeidsregter. Die…
11 Mar 2017 59 min

DIE WYSHEID VAN DIE GRYSHEID? DIE DANS VAN DIE GENERASIES

Daar word gesê dat die generasies mekaar nie verstaan nie, maar dat hulle van mekaar hou. Is dit moonlik om ’n generasie te tipeer? Kan die energie en idealisme van jongmense en die ervaring en wysheid van ouer mense saam ingespan word, of is ons gedoem om mekaar te misverstaan?…
10 Mar 2017 52 min

#HANSIESLIM OF #HANSIEWYS? DIE HUTSMERKGENERASIE EN SOSIALE VERANDERING

Hoe werk ’n sosiale rewolusie en waarom moet jongmense oënskynlik ’n saak
’n #naam gee om daaroor te agiteer?
Is dit blote struggle-nostalgie? Moet die samelewing hulle ‘naïwiteit’ duld
en wag dat die werklikheid tot hulle deurdring? Of moet ons gehoor gee? Aan wie? En as almal se geduld opraak?
9 Mar 2017 55 min

TIESE EN REGSDILEMMAS IN PRIVATE GESONDHEIDSORG

Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog, voorsitter van Mediclinic, en Mediclinic Met: Anton van Niekerk, direkteur van die IS Sentrum vir Toegepaste Etiek en Clara Findlay, uitvoerende hoof: regsdienste, Mediclinic; Hannes Loots, afgetrede kliniese bestuurder, Mediclinic, en Stefan Smuts, hoof: kliniese dienste, Mediclinic Hoe besluit jy watter pasiënte in
’n hospitaal opgeneem…
8 Mar 2017 59 min

VROUEKRAG: WEERLOOSHEID EN AKTIVISME

Met: Denise Ackermann en Margaret Blackie in gesprek met Frieda van den Heever Watter rol speel weerloosheid in die bevryding van die vrou? Frieda van den Heever vra op Internasionale Vrouedag vir Denise Ackermann, ’n prominente Black Sash-figuur tydens die apartheidsjare, en Margaret Blackie, ’n senior dosent in die US…
8 Mar 2017 37 min

MIDDELJAREKRISIS: DIE VERWONDING EN HELING VAN MANS

Met: Bennie Naudé en Wessel van den Berg in gesprek met Theo Geyser Mans is in die moeilikheid. Die feit
dat meer en meer kinders sonder ’n vaderfiguur grootword, laat ’n onstilbare honger na die erkenning wat net ’n
pa kan gee en skep ’n teelaarde vir gevoelens van minderwaardigheid
en onsekerheid. Weens…
7 Mar 2017 41 min

NOTE WAT SIN MAAK

Met: Ronnie Samaai Musiek is Ronnie Samaai se lewe. Hy
het op 19 sy eerste vioolles gegee en verlede jaar is hy, op 80, vereer met
die US Konservatorium se Parnassus- toekenning vir sy uitsonderlike bydrae tot musiek. Hy deel sy kennis en vertel hoe om na musiek te luister aan die…
7 Mar 2017 1 hr 03 min

WYS MY JOU GOD/GODE: GELOOF EN WYSBEGEERTE

Die teoloog Paul Tillich het met die begrip ultimate concern inkleding gegee aan dit wat ons ‘God’ noem en het God as die ‘Ground of Being’ beskryf. Die filosoof Wittgenstein het ons geleer dat ons liefs moet stilbly oor dit waaroor ons nie kan praat nie. Ons paneel van teoloë…
7 Mar 2017 54 min

WAARHEEN GAAN DIE ANC?

Willie Breytenbach, afgetrede politieke wetenskaplike aan die US, praat oor die pad wat vir die ANC voorlê ná die skokke wat dit in 2016 beleef het.
7 Mar 2017 49 min

OORGANGSRITES EN BENDEGEWELD

Met: Don Pinnock in gesprek met Theo Geyser Don Pinnock het reeds in 2013 die
gesogte City Press-niefiksieprys gewen wat hom in staat gestel het om sy boek oor bendegeweld in Kaapstad na te vors en te skryf. Drie jaar later het Gang Town verskyn – en dit is nou nog…
6 Mar 2017 48 min