GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
32 – 52

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar daar lewe is, is daar hoop

Ernestus Pretorius is in Julie 2021 gediagnoseer met ALS/Motor Neuron Siekte. Sy prognose? Vyf jaar…Hy is maar 48 jaar oud. As gevolg van die funksionaliteit van sy regterhand en sy spraak wat drasties deur hierdie siekte geaffekteer is, is hy deur sy werkgewer laat gaan. Hy sukkel ook al hoe…
19 Apr 2022 8 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anthony se beskermengel

Anthony Melville het die ‘wewenaar’-etiket op die 18de Februarie gekry, toe die liefde van sy lewe, na ‘n baie gelukkige huwelik van 29 jaar (vanjaar sou dit 30 wees), die wenstreep behaal. Sy is een maand en 18 dae na haar diagnose oorlede aan kanker. Leatitia Melville, Anthony se skoonsuster,…
13 Apr 2022 10 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant

Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry,…
6 Apr 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg

Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het…
23 Mar 2022 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag

Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel…
15 Mar 2022 7 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné

Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor…
2 Mar 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die musiek begin speel…

…hoor en beleef Portia niks anders nie. Haar soms uitdagende omstandighede word stil. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder…
23 Feb 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dankie, CHOC!

Ons fokus op kinderkanker-dag, en GROOTfm 90.5 het gaan inloer by die CHOC-huis. ‘n Veilige vesting vir kinders en hul ouers wat behandeling ondergaan, en nie die finansies of ondersteuning het terwyl hulle hierdie oorwinningspad loop nie. Ons het gesels met Shanil Mangaroo van die Vodacom Bulls, Belinda Austin, ‘n…
16 Feb 2022 11 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei

Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic…
9 Feb 2022 8 min

Jou Mense My Mense -Big Box, GROOT harte!

BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee! Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den…
9 Dec 2021 18 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat…
24 Nov 2021 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort

Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë…
17 Nov 2021 4 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie)…
11 Nov 2021 6 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie)…
11 Nov 2021 18 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe!

Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie…
3 Nov 2021 10 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help…
27 Oct 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin

Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is…
20 Oct 2021 9 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop

Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande…
12 Oct 2021 9 min
32 – 52