Werk aan Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos vorder fluks

--:--
Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, in samewerking met ander grensagentskappe, sê bouwerk by die Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos gaan voort. Die eenstop-grenspos is geskeduleer om in Mei vanjaar in werking te tree en sal na verwagting grensbeheerprosedures stroomlyn, opeenhoping en lang wagtye by die grensoorgang verlig. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gee meer inligting.
27 Mar 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Droogtehulpverlenging is 'politieke taktiek'

Die regering het 'n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis 'n politieke taktiek…
28 Apr 6AM 1 min

Riool bedreig toekoms van Wêrelderfenisterrein: VF Plus

Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net 'n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom,…
28 Apr 6AM 1 min

Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir 'n paar individue - diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar…
28 Apr 5AM 1 min

KosMOSFees 'n 'bucket list' ervaring, sê Ricus Nel

Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat 'n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat 'n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as…
28 Apr 5AM 1 min

Handel-ministerie praat beleid met sakelui

Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
28 Apr 3AM 1 min