SA sê 'n G20-verklaring is belangrik, ten spyte van VSA-waarskuwing

Loading player...
Die Verenigde State het aan die Suid-Afrikaanse regering geskryf en hom gewaarsku om nie ʼn G20-verklaring uit te reik sonder dié land se teenwoordigheid by die naweek se leiersberaad in Johannesburg nie. Amerika boikot die beraad en sê hy sal enige uitkoms wat as ʼn G20-konsensusposisie voorgehou word, blok omdat Suid-Afrika se prioriteite teen dié van Amerika se beleidsmenings indruis. Suid-Afrika se G20 Sous-Sherpa, ambassadeur Xolisa Mabhongo, het aan die SABC gesê dis vir Suid-Afrika belangrik om ʼn verklaring te verseker:
20 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min

Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai

Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
24 Apr 1AM 1 min

Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
24 Apr 12AM 1 min

FlyNamibia kap terug

FlyNamibia het reageer op vervoerminister Veikko Nekundi wat beveel het dat vliegkaartjies op die Windhoek-Ondangwa-roete verlaag moet word, en sê pryse word deur vraag en aanbod sowel as stygende bedryfskoste gedryf. Volgens die lugdiens is sowat 67 persent van die koste buite hul beheer, insluitend hoë brandstofpryse weens die monopolie…
24 Apr 12AM 1 min

Blokkade van seestraat, dreigende geweld maak markte senuagtig

Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse…
24 Apr 12AM 1 min