NSFAS moet op tyd betaal

Loading player...
Die DA doen 'n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verseker dat klasgeld- en verblyfbetalings vir volgende jaar se akademiese jaar glad verloop. Die party waarsku dat vorige wanbestuur onder die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, insluitend onreëlmatige raadsaanstellings, steeds die bestendigheid van die befondsingsliggaam bedreig. Delmaine Christians van die DA sê studente mag nie benadeel word nie:
28 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom se ondersoeke na misdadige verkryging amper voltooi

Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
23 Apr 6AM 1 min

Iran het nie die magtige posisie wat mense dink hy het nie

Alexander Dragonetti is 'n voormalige Britse diplomaat en krisisleier, sê Iran is nie in so ‘n magtige posisie soos wat mens sou dink, om onderhandelinge met die VSA te dryf nie. Hy voer aan in die korttermyn loop alles vlot maar, die prentjie lyk heeltemal anders in die medium termyn…
23 Apr 6AM 1 min

Groot kommer oor planne om Zambezi-rivier te bagger

Terwyl Namibië en Zambië beplan om die Zambezirivier te bagger in 'n poging om ernstige seisoenale oorstromings te verminder, is nie almal oortuig dat dit die regte oplossing is nie. Die regering sê die verdieping van die rivier sal help om gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebied te beskerm, maar plaaslike…
23 Apr 5AM 1 min

HAN veroordeel NaCC-ondersoek na toerisme in bewareas

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging van Namibië het kommer uitgespreek oor die ondersoek deur die Namibiese Mededingingskommissie na beweerde teenmededingende gedrag wat Ultimate Safaris en drie bewareas betrek: Doro !Nawas, Uibasen Twyfelfontein, en Sorris Sorris. Die besluit om te ondersoek is hoofsaaklik gebaseer op die eksklusiewe aard van die ooreenkomste. Die vereniging…
23 Apr 5AM 1 min