PayPal sal goed wees, maar moet goed geadministreer word

Loading player...
Reaksie word ontvang op Selcom Namibia wat sê dat hy goedkeuring gekry het van PayPal en Mastercard om digitale betalings in Namibië moontlik te maak, ‘n reuse hupstoot vir aanlynsake en die kreatiewe bedryf. Die Bank van Namibië moet egter nog bepaal hoe die diens geïmplementeer kan word onder bestaande regulasies en lisensiëringsvoorwaardes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die tegnologiekenner Nrupesh Soni gekry.
28 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom se ondersoeke na misdadige verkryging amper voltooi

Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
23 Apr 6AM 1 min

Iran het nie die magtige posisie wat mense dink hy het nie

Alexander Dragonetti is 'n voormalige Britse diplomaat en krisisleier, sê Iran is nie in so ‘n magtige posisie soos wat mens sou dink, om onderhandelinge met die VSA te dryf nie. Hy voer aan in die korttermyn loop alles vlot maar, die prentjie lyk heeltemal anders in die medium termyn…
23 Apr 6AM 1 min

Groot kommer oor planne om Zambezi-rivier te bagger

Terwyl Namibië en Zambië beplan om die Zambezirivier te bagger in 'n poging om ernstige seisoenale oorstromings te verminder, is nie almal oortuig dat dit die regte oplossing is nie. Die regering sê die verdieping van die rivier sal help om gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebied te beskerm, maar plaaslike…
23 Apr 5AM 1 min

HAN veroordeel NaCC-ondersoek na toerisme in bewareas

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging van Namibië het kommer uitgespreek oor die ondersoek deur die Namibiese Mededingingskommissie na beweerde teenmededingende gedrag wat Ultimate Safaris en drie bewareas betrek: Doro !Nawas, Uibasen Twyfelfontein, en Sorris Sorris. Die besluit om te ondersoek is hoofsaaklik gebaseer op die eksklusiewe aard van die ooreenkomste. Die vereniging…
23 Apr 5AM 1 min