Cyril ontvang Madlanga-verslag

Loading player...
Die Madlanga-ondersoekkommissie oorhandig vandag sy voorlopige verslag aan president Cyril Ramaphosa, maar hy sal dit nie openbaar maak nie. Fase 1 handel oor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings wat politieke inmengery by die SAPD, die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde, en vermeende korrupsie by die Ekurhuleni-metropolisie insluit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa sal die bewyse nagaan voor hy die finale verslag vrystel:
17 Dec 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GIPF se indirekte NamBob-belegging kry momentum

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds se indirekte belegging in die begrafnisdiensverskaffer NamBob in 2019 kry momentum. Na jare van herstrukturering en operasionele hervormings het die maatskappy 'n netto wins van agt persent in die 2024/25-boekjaar aangeteken, na die fonds se belegging van 31 miljoen Namibiese dollar deur die Allegrow-fonds. Die fonds se…
18 Dec 10AM 1 min

Europese Raad stem oor Russiese bates vir Oekraïne

Die Europese Raad stem vandag oor 'n voorstel vir die aanwending van Russiese bates as finansiering vir 'n lening aan Oekraïne. Kiëf se finansies kan binne 'n paar maande opdroog. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Europa moet besluit hoe hy die land ekonomies aan…
18 Dec 10AM 1 min

Moenie doelloos geld uitgee in Desember nie

Baie Namibiërs spandeer meer geld in Desember as op enige ander tyd van die jaar, aangesien troues, uitstappies na die dorp, Kersetes en Nuwejaarsvieringe die feestelike kalender vul. Finansiële kenners waarsku dat oorbesteding gedurende die feestyd 'n groot rede is waarom baie huishoudings die nuwe jaar onder finansiële druk begin…
18 Dec 9AM 1 min

Ekonomie groei in 3de kwartaal tot N$66,4 miljard

Namibië se ekonomie het met 1,9 persent gegroei gedurende die derde kwartaal van 2025, laer as die 2,1 persent groei in dieselfde kwartaal van 2024, volgens die jongste statistieke van die Statistieke-agentskap. In nominale terme het die grootte van die ekonomie in die oorsigtydperk uitgebrei tot 66,4 miljard Namibiese dollar…
18 Dec 9AM 1 min