Namibië se ekonomie het met 1,9 persent gegroei gedurende die derde kwartaal van 2025, laer as die 2,1 persent groei in dieselfde kwartaal van 2024, volgens die jongste statistieke van die Statistieke-agentskap. In nominale terme het die grootte van die ekonomie in die oorsigtydperk uitgebrei tot 66,4 miljard Namibiese dollar…
Energieminister Modestus Amutse sê kernenergie is die middelpunt van Namibië se planne om kragopwekking te verbeter en in die toekoms te dekarboniseer. Hy het gepraat by die bekendstelling van Namibië se aansluiting by Missie 300. Die inisiatief, gelei deur die Wêreldbankgroep, die Afrika-ontwikkelingsbank en vennote, wil 300 miljoen mense teen…
'n Politieke ontleder, Kenneth Mokgathle, sê terrorisme groei reg oor Afrika namate staatsgrepe, korrupsie en swak leierskap nasies blootstel. Volgens die Verenigde Nasies is die Sahel-streek tans verantwoordelik vir 19-persent van terroriste-voorvalle wêreldwyd. Mokgathle sê ekstremistiese organisasies, soos onder meer, Jama'at Nusrat al-Islam wal Muslimeen en die Islamitiese Staat in…
Die ACDP sê die Stad Johannesburg kon nie daarin slaag om die kaping van geboue deur gewetenlose groepe te voorkom nie. Die party sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock beklemtoon die metro se mislukking om inwoners en eiendomsregte te beskerm. Ronald Harris van die ACDP sê die metro…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die volskaalse hervatting van vyandighede in Jemen kan ernstige gevolge inhou vir veiligheid in die Midde-Ooste. Jemeense regeringsmagte, gesteun deur ʼn Saoedi-geleide militêre koalisie, veg reeds sedert 2014 teen Houthi-rebelle. Magte met bande met ʼn separatiste-groep, die Suidelike Oorgangsraad, het hierdie maand…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.