Weermaghoof prys Zambiese hulp vir opleidingshulp

Loading player...
Die hoof van die Namibiese Weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die Zambiese Nasionale Diens geprys vir hul volgehoue ondersteuning in die opleiding van Namibiese jeug en kadette. Hy sê die opleiding speel 'n kritieke rol in die bou van 'n bekwame en gedissiplineerde weermag. Pinehas het tydens die gradeplegtigheid van die 20ste Junior Personeelkursus in Okahandja gesê die opleiding is die sleutel tot die voorbereiding van offisiere om op veiligheidsuitdagings te reageer.
18 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sweisopleidingsentrum open op Swakopmund

Die GSI SLV-sweisopleidingsentrum is amptelik in Swakopmund se industriële gebied geopen. Die sentrum is 'n belangrike stap in die versterking van Namibië se tegniese en industriële vaardigheidsbasis. Dit sal na verwagting 'n sleutelrol speel in die opleiding en sertifisering van sweisers volgens internasionaal erkende standaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met…
19 Dec 2AM 1 min

Geen drank op Kaapse strande toegelaat nie

Die Stad Kaapstad doen 'n beroep op inwoners en besoekers om strande en openbare ruimtes alkoholvry te hou teneinde openbare veiligheid te verseker. Byna 3 000 liter alkohol is onlangs by die Ndabeni-skut vernietig nadat dit gekonfiskeer is by mense wat in die openbaar drink. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
19 Dec 2AM 1 min

Vragmotorbestuurders se welstand die feestyd versorg

Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word…
19 Dec 1AM 1 min

Oud NASCAR-kampioen Greg Biffle dood in vliegongeluk

Die voormalige NASCAR-renjaer, Greg Biffle, sy vrou en twee kinders is onder sewe mense wat dood is toe hul vliegtuig in Noord-Carolina neergestort het. Die Cessna C550 het geval en in vlamme uitgebars toe dit by die Statesville-streekslughawe wou land. Ander slagoffers is uitgeken as Dennis Dutton, sy seun Jack,…
19 Dec 1AM 1 min

SA bevestig soewereiniteit oor immigrasie beleid

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die regering gaan nie onderhandel oor sy soewereiniteit en gebruik van regsreëls nie. Amerika beskuldig Suid-Afrikaanse owerhede dat hulle Amerikaanse amptenare aanhou wat besig was om hul pligte uit te voer deur humanitêre hulp aan Afrikaners te bied. Dit volg na ʼn…
19 Dec 12AM 1 min