
VN-hoof rig waarskuwing oor Jemen-gevegte
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die volskaalse hervatting van vyandighede in Jemen kan ernstige gevolge inhou vir veiligheid in die Midde-Ooste. Jemeense regeringsmagte, gesteun deur ʼn Saoedi-geleide militêre koalisie, veg reeds sedert 2014 teen Houthi-rebelle. Magte met bande met ʼn separatiste-groep, die Suidelike Oorgangsraad, het hierdie maand tot by Hadramawt en al-Mahra opgeruk. Guterres veroordeel ook die voortgesette aanhouding van 59 personeellede van die VN en sy bondgenote:

