
Slagpryse skop 2026 hoër af in SA
Loading player...
Vleispryse het vanjaar op baie hoër vlakke in Suid Afrika afgeskop. Veilings was gesluit voor Kersfees, en AMT kyk na waar slagpryse tans staan in die bees- en skaapmark. Reënval en bek-en-klouseer sal na verwagting groot rolspelers in die beesmark wees. In die skaapmark het slagpryse sterk begin, maar ’n moontlike korttermyn-insinking kan in Januarie en Februarie volg. Johny van der Merwe van AMT het meer.

