Namibië kan spilpunt wees vir nuwe tegnologie infrastruktuur

Loading player...
Terwyl globale tegnologiereuse die lansering van datasentrums in wentelbane om die Aarde ondersoek om aan die stygende KI-vraag te voldoen, sê kenners dat die slimmer oplossing dalk hier in Namibië is. IT-infrastruktuurkenner Peter Karon sê die land se oorvloedige sonenergie en groeiende groenkragprojekte plaas Namibië as 'n primêre spilpunt vir die volgende generasie data-infrastruktuur. Karon het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
26 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agribank in gesprekke met belegger oor Witvlei-abattoir

Die toekoms van die dormante Witvlei-abattoir bly onseker, met Agribank wat bevestig het dat hulle die fasiliteit weer te koop geadverteer het teen 'n reserweprys van meer as 51,7 miljoen Namibiese dollar. Hoewel daar belangstelling van voornemende beleggers is, is geen heropeningsdatum nog bevestig nie. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het 'n…
31 Jul 12AM 1 min

Ekonoom voorspel verhoging in brandstofprys

Die energieministerie sal na verwagting binnekort Augustus se brandstofprysaanpassing aankondig. Sedert die prysverlagings in Julie het Brent-ruolie tot hoër as 90 Amerikaanse dollar per vat gestyg, gedryf deur hernude spanning tussen Amerika, Israel en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm.
31 Jul 12AM 1 min

Kommer oor moontlike streeksoorlog in Midde-Ooste

Die konflik in die Midde-Ooste is besig om uit te brei en kan in 'n streeksoorlog verander, volgens verskeie internasionale ontleders. Dit kom na Amerika en Saoedi-Arabië saam Iran-gesteunde milisies in Irak aangeval het, nadat twee dae se hommeltuigaanvalle uit Irak ru-olie fasiliteite in Saoedi-Arabië geteiken het. Iran het ook…
30 Jul 11PM 1 min

Johnson en haar adjunk het IDAC-stelsel manipuleer

'n Advokaat van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Druishanta Ramsamy, het aan die Madlanga-kommissie gesê swak interne beheer maak dit maklik om strafsaak-dossiere te manipuleer. Sy beweer die voormalige hoof, Andrea Johnson, en hoof-ondersoeker Dylan Perumal het die stelsel gemanipuleer. Ramsamy sê vervolgings-geleide ondersoeke kan hoogs doeltreffend wees, maar slegs as…
30 Jul 11PM 1 min