NNN moet antwoord op olie-bewerings, nie Presidensie: Itula

Loading player...
Die IPC-leier, Panduleni Itula, sê hy wil nie 'n reaksie van die Presidensie hê nie, hy soek antwoorde direk van president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Itula, wat die president se seuns met oliesektorbelange verbind, dit weer beklemtoon ten spyte van ontkennings van Namport en die familie. Die kontroversie volg op sy bewerings van potensiële botsing van belange, aangesien wetlike hervormings groter beheer oor die oliebedryf na die presidensie kan verskuif.
26 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agribank in gesprekke met belegger oor Witvlei-abattoir

Die toekoms van die dormante Witvlei-abattoir bly onseker, met Agribank wat bevestig het dat hulle die fasiliteit weer te koop geadverteer het teen 'n reserweprys van meer as 51,7 miljoen Namibiese dollar. Hoewel daar belangstelling van voornemende beleggers is, is geen heropeningsdatum nog bevestig nie. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het 'n…
31 Jul 12AM 1 min

Ekonoom voorspel verhoging in brandstofprys

Die energieministerie sal na verwagting binnekort Augustus se brandstofprysaanpassing aankondig. Sedert die prysverlagings in Julie het Brent-ruolie tot hoër as 90 Amerikaanse dollar per vat gestyg, gedryf deur hernude spanning tussen Amerika, Israel en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm.
31 Jul 12AM 1 min

Kommer oor moontlike streeksoorlog in Midde-Ooste

Die konflik in die Midde-Ooste is besig om uit te brei en kan in 'n streeksoorlog verander, volgens verskeie internasionale ontleders. Dit kom na Amerika en Saoedi-Arabië saam Iran-gesteunde milisies in Irak aangeval het, nadat twee dae se hommeltuigaanvalle uit Irak ru-olie fasiliteite in Saoedi-Arabië geteiken het. Iran het ook…
30 Jul 11PM 1 min

Johnson en haar adjunk het IDAC-stelsel manipuleer

'n Advokaat van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Druishanta Ramsamy, het aan die Madlanga-kommissie gesê swak interne beheer maak dit maklik om strafsaak-dossiere te manipuleer. Sy beweer die voormalige hoof, Andrea Johnson, en hoof-ondersoeker Dylan Perumal het die stelsel gemanipuleer. Ramsamy sê vervolgings-geleide ondersoeke kan hoogs doeltreffend wees, maar slegs as…
30 Jul 11PM 1 min