President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet nooit toelaat dat die werklike kommer van gemeenskappe oor onwettige migrasie vooroordeel teenoor mede-Afrikane kweek nie. Hy het gister tydens die nasionale Vryheidsdagviering in Bloemfontein, gesê die regering tree streng op teen onwettige migrasie en ondernemings wat die land se wette oortree deur ongedokumenteerde…
Koning Charles en koningin Camilla se vierdaagse staatsbesoek aan die Verenigde State het Maandag begin toe hulle president Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump by die Withuis ontmoet het. Hulle het daarna ʼn tuinpartytjie by die Britse ambassadeur se huis in Washington bygewoon. Koning Charles spreek na verwagting vandag die…
Die regering het 137 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir die bou van 3 106 huise vir lae-inkomste Namibiërs, en daar word aangedring dat daar verseker word dat die huise gebou word volgens 'n standaard wat geskik is vir gesinslewe. Die projek sal voorkeur gee aan die voltooiing van voorheen-gestaakte…
Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra ouers om voorrang te gee aan kinderinentings namate inentingsvlakke afneem. Afrika-inentingsweek is daarop gemik om inentingsprogramme te versterk. Woordvoerder Tshifhiwa Mashamba sê slegs 75,3-persent van kinders onder 'n jaar is in die 2025/26-boekjaar ingeënt teenoor die vorige 83-persent. Mashamba waarsku dit verhoog die gevaar van siektes…
'n Professor aan die Stellenbosse Sakeskool, Armand Bam, sê Suid-Afrika het nie genoeg gedoen om strukturele ongelykhede uit te wis wat in apartheid gewortel is nie. Hy het teenoor SABC News die ongelykhede in welvaart en leierskap uitgelig en sê 'n klein persentasie besit die meerderheid van welvaart. Bam sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.