SANW ontplooi in vyf provinsies teen bendegeweld

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is besig om in samewerking met die polisie in vyf provinsies te ontplooi om toenemende geweldsmisdaad, bendebedrywighede en onwettige myn-aktiwiteite te bekamp. Die provinsies is Gauteng, die Wes- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. ’n Weermagwoordvoerder, Mpho Mathebula, sê die ontplooiing is deel van ’n gekoördineerde ingryping deur die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit. Die doel is om die betrokke gemeenskappe te bestendig en misdaadsindikate in brandpunte te ontwrig:
13 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Houtskool: Calle is nie oortuig oor voordele nie

Oud-landbouminister Calle Schlettwein, het skerp kritiek gelewer op Namibië se houtskoolbedryf en gewaarsku dat die afkap van volwasse bome verwoestend is op biodiversiteit. Schlettwein vergelyk ou bome met hele stede as gevolg van die talle spesies wat hulle ondersteun. Hy bevraagteken die bedryf se bewerings dat die omgewingsimpak positief is…
30 Jul 5AM 1 min

Vitol-kontrak: IPC eis dokumentasie, parlementêre ondersoek

Die brandstofsektor is weer in die kollig nadat die IPC se skadu-energieminister, Ferdinand Hengombe, kommer uitgespreek het oor die regering se besluit om Vitol as die land se eksklusiewe brandstofverskaffer tot September aan te hou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hengombe dat die gerapporteerde 7,2 miljard Namibiese…
30 Jul 5AM 1 min

Trump se Warsh hou Fed-koers onveranderd

President Donald Trump van Amerika het die Federale Reserwe gekritiseer wat rentekoerse onveranderd gelaat het, en sê laer koerse sal die ekonomie verder versterk. Beleidmakers het met 9 teen 3 gestem dat rentekoerse tussen 3,5-persent en 3,75-persent bly. Die besluit kom te midde van toenemende onsekerheid oor die uitwerking wat…
30 Jul 5AM 1 min

Salga verwelkom vrystelling van R7,1 miljard aan munisipaliteite

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging sê Nasionale Tesourie se besluit om die oorblywende 7,1-miljard Suid-Afrikaanse rand in befondsing in Julie vry te stel, sal help om noodsaaklike munisipale dienste te beskerm en die behoefte aan verantwoordbaarheid versterk. Die Tesourie het erken gemeenskappe behoort nie onnodige blootgestel te word weens munisipale amptenare…
30 Jul 5AM 1 min

DA eis dat Manamela verantwoording doen oor Nsfaf-loon

Die DA het sy oproep herhaal vir volle deursigtigheid oor elke aanstelling by die huidige Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, insluitend die vergoeding, mandate en goedkeuringsprosesse vir adviseurs en konsultante. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se voorgestelde vergoedingspakket van 11-miljoen…
30 Jul 3AM 1 min