Krieketreeks teen Uganda belangrike voorbereiding vir Oman

Loading player...
Namibië se nasionale krieketspan, die Eagles, en ‘n ontwikkelingspan, die Eagles XI, begin dié week 'n reeks van vyf wedstryde teen Uganda by die Namibiese Krieketgronde. Die aksie begin Woensdag met 'n T20-wedstryd tussen die Eagles XI en Uganda, gevolg deur 'n tweede T20-wedstryd Donderdag. Die Eagles en die besoekers sal drie eendag-wedstryde speel komende Saterdag, Maandag en Woensdag. Toeskouers kan vir net 50 Namibiese dollar die volle reeks bywoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, Dr. Rudi van Vuuren gepraat wat sê hulle is opgewonde om Uganda te verwelkom.
16 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regte van en toegang vir gestremdes benodig belegging

'n Nuwe verslag deur die Universiteit Stellenbosch het bevind baie gestremdes regoor Afrika sukkel steeds om toegang tot ondersteunende tegnologie soos rolstoele, gehoorapparate en skermlesers te verkry. Volgens die verslag lei hoë koste, beperkte dienste en swak ondersteuningstelsels daartoe dat baie mense, veral dié in plattelandse gebiede, nie die toestelle…
30 Jul 2AM 1 min

Landbou gee aandag aan kommer oor 6th Grain

Die landbouministerie het bevestig dat die kontrak van 2,4 miljoen Amerikaanse dollar met die Amerikaanse maatskappy 6th Grain dringende aandag op die hoogste vlak geniet. Die projek sal gewasmoniteringstegnologie ontplooi deur middel van kunsmatige intelligensie, satellietbeelde en geospatiale analise oor Namibië se stapelvoedselsektore. 'n Debat onder die publiek hieroor fokus…
30 Jul 2AM 1 min

Fifa stel sperdatum vir omstrede maatskappy besluit

Fifa het 19 September as sperdatum vasgestel waarop al 211 lidverenigings sy omstrede plan, om aandele in sy groot kompetisies te verkoop, moet goedkeur. Fifa wil volgens berigte vanjaar sowat 70,35 miljard Namibiese dollar insamel deur ʼn 20-persent minderheidsaandeel te verkoop in ʼn nuwe dogtermaatskappy, Fifa Forward Enterprise, teen ʼn…
30 Jul 2AM 1 min

Phala Phala: Ampsklagkomitee appelleer teen hof interdik

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om appél aan te teken teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek. Verlede week het die hof die openbare verhore van die komitee gestop, hangende die president se hersieningsaansoek teen 'n onafhanklike Artikel 89-paneelverslag. Die African Transformation Movement,…
30 Jul 2AM 1 min

Orania is nie afsonderlike stemgebied nie

Die Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die kommissie erken Orania in die Noord-Kaap nie as 'n afsonderlike gebied vir verkiesings nie en sal Suid-Afrika se amptelike munisipale grense volg. Mamabolo het ook bevestig 2 en 3 November sal spesiale stemdae wees, met die hoof- plaaslike regeringsverkiesing op 4 November
30 Jul 1AM 1 min