Ontwikkeling: Geskiedenis van geweld moet in ag geneem word, sê Geingos

Loading player...
Die One Economy stigter, en derde eerste vrou van Namibië, Monica Geingos wat deur Antonio Guterres aangestel was as 'n VN-volhoubare ontwikkelingsdoelwit-voorstander het onlangs op 'n BeFree-potgooi gesels oor die VN-doelwitte wat teen 2030 bereik moet word. Sy het die doelwitte in die Namibiese konteks uiteengesit en het gepraat van geweld. Volgens Geingos dra Afrika 'n geskiedenis van geweld en wetgewing moet aangepas word om ons geskiedenis in ag te neem wanneer dit kom by ontwikkeling
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvis-kinderhuis vra bystand

Jonah Home, 'n skuiling vir kinders in Walvisbaai, doen 'n beroep vir bystand na hulle enigste televisiestel gebreek het en hul kleuters se oggendroetine ontwrig het. Die direkteur Siphokazi Kangowa het met die dagblad New Era gepraat:
28 Jul 5AM 1 min

Aochamub praat oor El Nino

Meatco se finansiële syfers, met 'n daling van meer as 730 miljoen Namibiese dollar in inkomste verlede jaar, is in die nuus. En 'n super El Nino word voorspel vir die komende seisoen. Maar droogte is nie altyd slegte nuus vir Meatco nie. Die waarnemende uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, sê…
28 Jul 5AM 1 min

Brandstofprys word die week bepaal met olie wat wipplank ry

Voor die onlangse daling het Brent-ru-olie met ongeveer 24 persent gestyg sedert Namibië Julie se brandstofprysverlagings aangekondig het. Die skerp styging volg op hernieude spanning tussen die VSA en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Intussen het die Amerikaanse dollar ook versterk. Met ekonome verdeeld oor…
28 Jul 5AM 1 min

Onsekere tye, rentekoers demp vraag na eiendom in SA

ʼn Senior FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê hoër leningkoste, swakker verbruikersvertroue en traer ekonomiese toestande beïnvloed die vraag na behuising en sal na verwagting die res van die jaar mark-aktiwiteit kniehalter. Die FNB-huisprysindeks het in Junie verder verlangsaam. Die jaarlikse groei in huispryse het van 5,7-persent in Mei tot 5,2-persent gedaal…
28 Jul 5AM 1 min

Nekundi belowe nuwe wette om beamptes te beskerm

Vervoerminister Veikko Nekundi het bestuurders gewaarsku om op te hou om met verkeersbeamptes te baklei of hulle te beledig, en gesê sulke optrede is ernstige misdade. Dit kan ook lei tot lang opskortings van bestuurderlisensies. Hy het Maandag gepraat tydens die amptelike bekendstelling van die Oshakati-stadsraad se Verkeerswetstoepassingseenheid.
28 Jul 5AM 1 min