
Heropen Phala Phala-ondersoek, vra Action SA
Loading player...
ActionSA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om die Phala Phala-ondersoek te heropen na die deklassifisering van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se verslag. Dit het onthul dat lede van die Presidensiële Beskermingseenheid 'n onwettige parallelle ondersoek gedoen het na die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo in 2020. Michael Beaumont van ActionSA sê Gcaleka se ondersoek moet fokus op die moontlike aanspreelikheid van personeellede in die Presidensie:

