
Bied groot aantal regeringswerkers waarde vir geld?
Loading player...
Reaksie word ontvang op die aantal regeringswerkers wat met meer as 14 000 in 'n jaar gestyg het. Die Openbare Dienskommissie het sy jaarlikse voorsittersrede aangebied. Die voorsitter, Salmaan Jacobs, het aangekondig dat die totale aantal regeringswerknemers vermeerder het van 110 002 in 2023/2024 na 114 304 in 2024/2025. Maar bied dit waarde vir Jan Alleman wat belasting betaal? Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Tim Parkhouse gepraat.

