Simbine Classis ‘n reuse-sukses

Loading player...
Suid-Afrika het die mans en vroue se 4x100-meter aflosse by die eerste Simbine Classic-byeenkoms in Tshwane gewen. Emmanuel Eseme van Kameroen het die Amerikaner, Pjai Austin, geklop toe hy die mans se 100 meter-item in 10,03-sekondes genael het. Akani Simbine is halfpad deur die wedloop beseer en het laaste gekom. Die Suid-Afrikaner Prudence Sekgodiso het die vroue se 1 500-meter gewen en Tshepo Tshite die mans se 3 000-meter. Die Keniaan Noah Kibet het in die mans se 800-meter koning gekraai. Simbine sê die geleentheid was ʼn sukses:
29 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Tekort aan kondome, ander middels' hou tienerswangerskappe hoog

Die Parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Gesondheid en Maatskaplike Welsyn is in die Ohangwena-streek op soek na antwoorde oor waarom tienerswangerskappe hoog bly ten spyte van adolessente-gesondheidsprogramme. Die komitee word ingelig oor jongmense se toegang tot gesinsbeplanningsdienste, MIV-voorkoming en reproduktiewe gesondheidsorg. Verpleegster-in-Beheer by die Ohangwena-kliniek in Omafo, Frieda Shikongo, sê…
27 Jul 10AM 1 min

Landbou onthul strategie vir transformasie van agri-voedselsektor

Die landbouministerie het vandag sy strategie vir die transformasie van die agri-voedselsektor aan ontwikkelingsvennote onthul, 'n belangrike stap in die rigting van modernisering van die land se landboubedryf. Landbouminister Inge Zaamwani sê die vyfjaarstrategie sal 'n aantrekliker beleggingsomgewing skep, publiek-private vennootskappe versterk en gekoördineerde optrede dryf om die agri-voedselsektor van…
27 Jul 10AM 1 min

IAEA-verslag oor in situ-uraanmynbou by ministerie

Die finale besluit oor die voorgestelde Headspring Investments-uraanmynbouprojek naby Leonardville blyk langer te neem as verwag. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het in Februarie 'n onafhanklike kundigesending uitgevoer om die projek se potensiële impak op die Stampriet-oorgrenswaterdraer te bepaal. Die landbouministerie het die verslag ontvang, maar woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos…
27 Jul 10AM 1 min

All Blacks kies sterk groep vir SA toer

Rugby: Die All Black-afrigter, Dave Rennie, het ʼn sterk groep van 44 aangekondig vir die Greatest Rivalry-toer na Suid-Afrika. Hy het al 34 spelers van die suksesvolle Nasieskampioenskap-veldtog behou en nog tien bygevoeg vir die toer van sewe weke. Siale Lauaki, Josh Jacomb en Semisi Tupou Ta'eiloa is die nuwelinge…
27 Jul 9AM 1 min

'Ek het nie rede gehad om inligting te betwyfel', sê Johnson

Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy het geen rede gehad om inligting te betwyfel toe sy die ondersoek na senior polisie-amptenare gemagtig het nie. Dit sluit in die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat beskuldig word van bedrog en korrupsie…
27 Jul 9AM 1 min