InfoMSME-hub staan klein besighede met raad en daad by

Loading player...
Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry en 'n sterker profiel vir hul besigheid bou. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se Rino Muranda gepraat, wat meer inligting gee.
30 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Britse tronke sal teen November vol wees

Na klagtes deur verskeie slagoffer-families het die nuwe Britse premier Andy Burnham die vroeë vrylatingskema vir gevangenes opgeskort as tydelike maatreël. Brittanje sukkel met oorvol gevangenisse en die skema was bedoel om druk te verlig. Die voormalige minister van justisie, sir David Gauke, wat die vroeë vrylatingskema vir gevangenes aanbeveel…
27 Jul 6AM 1 min

Ramaphosa aanvaar Johnson se bedanking

President Cyril Ramaphosa het die versoek van die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, aanvaar om met onmiddellike effek uit die amp te tree. Sy het aan die president en Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en versoek om met onmiddellike ingang te bedank en…
27 Jul 6AM 1 min

Walvis-DBV sukkel met bronne

Die Walvisbaai-DBV ondervind toenemende druk namate stygende lewenskoste en 'n toename in hawelose en oorgegeede diere hul beperkte hulpbronne oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Lindy Dreyer gepraat wat sê dat die vraag na skuilingdienste die afgelope maande aansienlik toegeneem het. Sy het meer.
27 Jul 6AM 1 min

Ontleder lewer fel kritiek teenoor NNN-administrasie

Vrae oor verantwoordbaarheid in die regering het weer opgeduik nadat die IPC owerhede daarvan beskuldig het dat dit amptenare met twyfelagtige rekords herwin pleks om hulle verantwoordelik te hou. Politieke ontleder dr. Henning Melber vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die uitdagings van regering openheid en beslissende optrede vereis as…
27 Jul 6AM 1 min