
Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF
Loading player...
Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref het. Kosmos 94.1 Nuus het met John Haufiku, die kommunikasiehoof by die fonds, gepraat:

