
Jan Taks soek strenger wette teen onwettige sigarethandel
Loading player...
Tax Justice SA vra strenger wette teen die onwettige handel in sigarette. Dit volg nadat 'n 56-jarige sigaretsmokkelaar van Limpopo verlede week tot 13-jaar tronkstraf gevonnis is. Toni Gumbo is betrap met 36 grootmaatkaste Remington Gold-sigarette wat in bokse versteek was. Die onwettige vrag het 'n geraamde straatwaarde van 360 000 rand. Tax Justice se leier, Yusuf Abramjee, sê onwettige handelaars moet as ekonomiese saboteurs behandel word en nie as geringe oortreders nie:

