Jan Taks soek strenger wette teen onwettige sigarethandel

Loading player...
Tax Justice SA vra strenger wette teen die onwettige handel in sigarette. Dit volg nadat 'n 56-jarige sigaretsmokkelaar van Limpopo verlede week tot 13-jaar tronkstraf gevonnis is. Toni Gumbo is betrap met 36 grootmaatkaste Remington Gold-sigarette wat in bokse versteek was. Die onwettige vrag het 'n geraamde straatwaarde van 360 000 rand. Tax Justice se leier, Yusuf Abramjee, sê onwettige handelaars moet as ekonomiese saboteurs behandel word en nie as geringe oortreders nie:
25 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vrae in NV oor tekort aan ingenieurs

Die tekort aan ingenieurs by plaaslike owerhede is in die Nasionale Vergadering onder die loep geneem. Die PDM-parlementslid Winnie Moongo het vanmiddag kommer uitgespreek oor die implikasies wat ontoereikende ingenieurskapasiteit inhou vir dienslewering, infrastruktuurontwikkeling en die volhoubaarheid van openbare projekte. Sy het vrae aan stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa…
28 Oct 10AM 1 min

Het ministeries onderbestee, of het hulle nie geld gekry: kenner

Openbare beleidskenner Marius Kudumo sê strukturele gebreke in die begrotingstelsel, eerder as bloot administratiewe mislukkings, kan moontlik verklaar waarom 1,2 miljard Namibiese dollar aan die Tesourie terugbetaal is. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kudumo gevra of die fondse ooit aan ministeries beskikbaar gestel is, gegewe die bestaande…
28 Oct 10AM 1 min

EU 'moet verhouding met Nanso herevalueer'

'n Lid van die EU-Namibië Jeug Klankraad, Shonena Nathanael, kritiseer die EU se vennootskap met Nanso, midde bewerings dat 140 000 Namibiese dollar in EU-befondsde SHINE-projekgeld verkeerdelik na Nanso se kongres gestuur is. Hy dring daarop aan dat die EU die bevindinge van die ondersoek openbaar maak en sy verhouding…
28 Oct 10AM 1 min

Standard Bank se klimaat-aansprake onder die loep

'n Koalisie van burgerregte-organisasies, waaronder Fossil Free South Africa en die StopEACOP-koalisie, het 'n amptelike klagte ingedien by die Advertensie-reguleringsraad waarin Standard Bank se omgewingsreklame as misleidend bestempel word. Woordvoerder Zaki Mamdoo sê hulle vra die reguleerder om Standard Bank se bewerings oor sy leiersrol in volhoubare befondsing en klimaatsoptrede…
28 Oct 9AM 1 min

Meatco kan dalk 800 bees slag, vir inkomste

Meatco het amptelik begin met die verslagting van tot 800 beeste vir plaaslike verbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Meatco se kommunikasiebeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias, gepraat. Sy sê die twee-dae verslagtingproses is deur die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste goedgekeur en sal Meatco help om inkomste in te kry.
28 Oct 9AM 1 min