
Olie ry wipplank, maar steeds onder US$100
Loading player...
Hoewel die olieprys vanoggend met sowat 2 persent gestyg het ná berigte van Amerikaanse aanvalle in suid-Iran, verhandel dit steeds net effe onder 100 Amerikaanse dollar per vat. Ná president Donald Trump die naweek gesê het ‘n vredesooreenkoms met Iran, wat die heropening van die Straat van Hormuz insluit, is grootliks afgehandel, het die prys van Brent-ruolie Sondag met 6 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt oor prysneigings gesels:

