
Veiligheid opgeskerp ná Krugerpark-moorde
Loading player...
SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is verlede week in die gebied gevind. Owerhede vermoed hul voertuig is oor die grens na Mosambiek geneem. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê bykomende veldwagters en moniteringsbronne sal ontplooi en waarnemingstegnologie opgradeer word. Hy verseker besoekers die wildtuin is steeds veilig ondanks die moorde:

