
BKS: Hof tik landbouministerie oor die vingers
Loading player...
Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, sê 'n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria oor bek-en-klouseer is 'n groot oorwinning vir vee- en wildboere. Die hof het bevind landbouminister John Steenhuisen en senior amptenare het nie voldoende op die uitbreking reageer nie, wat gelei het tot vertragings in inentingspogings en aansienlike verliese in die sektor. Francois Rossouw van Saai sê die uitspraak bied hoop vir sterker optrede om boere te beskerm:

